Skip to main content

Nadat berigte opgeduik het dat honde wat saam met hul eienaars in die Tokai-woud gestap het, siek geword het – nadat hulle glo van die rivier se water gedrink het – het Parkscape kommer uitgespreek oor die stand van sake.

Die honde het die giardia-parasiet ‘opgetel’ en siek geword met simptome soos krampe, naarheid, diarree, braking en moegheid.

Giardia-parasiete kom in voedsel, water, op of in die grond voor waar die ontlasting van besmette diere of mense agtergelaat is.

Volgens Parkscape wag hulle nog vir die amptelike bevestiging van veeaartse wat die diere behandel het voordat hulle dit amptelik kan aankondig.

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!