Joseph Jan Shabangu, ‘n 49-jarige boer van Mpumalanga het in die Bethal-landdroshof verskyn vir ‘n aanklag van moord.
Shabangu het na bewering Sondag ‘n 35-jarige man wat onwettig op sy plaas gejag het, doodgeskiet.
Shanbangu is in aanhouding en die saak is uitgestel tot Vrydag, 5 April 2024 vir ’n formele borgtogaansoek.