Skip to main content

GEORGE APRIL

Borgtog was Dinsdag in die Citrusdalhof geweier aan konstabel Andile Kondile, vir die verkragting van ‘n vrou in die plaaslike aanhouding-selle in Maart.

Die staat het die finale borgtog-aansoek teengestaan, waarna borgtog geweier was.  Kondile se eerste hofverskyning was op 12 Maart, waarna ‘n tweede klag bygevoeg was by die eerste van poging tot verkragting.

Volgens die klagstaat was die vrou verkrag, in ruil vir vrylating.

Dis nie bekend waarvoor die vrou in aanhouding was nie.

In Dinsdag se hofsaak is ‘n memorandum voorgelees, en daarin is vervat dat nog ‘n vrou van ‘n plaas buitekant Citrusdal na vore gekom het om te beweer dat Kondile ook probeer het om haar te verkrag.

Die staat het aanbeveel dat die vrou onder familie se sorg geplaas word om intimidasie en omkopery van die polisieman se bekende Cederberg-familie te verhoed.

Die aanbeveling is toegestaan en die vrou het ingestem om tydens die duur van die hofsaak, in Vredendal te woon.

Kondile is oorgeplaas vanaf Voorberg gevangenis in Porterville waar hy sedert sy arrestasie in aanhouding was, na die Van Rhynsdorp gevangenis. Die rede is glo omdat mede gevangenes van Citrusdal Kondile ‘n harde tyd in aanhouding gegee het.

Die beskuldigde se volgende verskyning sal op 9 Mei wees vir pleit- en verhoor prosedures.

Die Waarheid is verwys na OPOD, wat nie teen druktyd op ons navrae gereageer het nie.

 

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!