Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ‘n waarskuwing aan die publiek langs die Tuinroete en Suid-Kaapse kuslyn uitgereik nadat ‘n blou houer met gevaarlike chemikalieë naby Stilbaai aan wal gespoel het.
Die verseëlde houer van 200 kg word deur die Brand- en Reddingsdienste in die omgewing hanteer.
Terwyl hierdie houer onder beheer is, is daar kommer dat nog drie houers op see kan wees of aan wal kan spoel.
Owerhede ondersoek die oorsprong van die houer en doen ‘n beroep op bootvaarders en die publiek om dit nie te nader as dit opgemerk word nie.