Ondersoekers is hard aan die werk om ‘n saak van poging tot moord te ondersoek. Dit volg na ‘n gru-voorval wat op 20 Maart 2024 plaasgevind het, toe die 30-jarige slagoffer deur ‘n groep van ses verdagtes aangeval is en sy hande met ‘n panga afgekap is.
Die slagoffer se hande is teruggevind nadat speurders van Vosman, die K9-eenheid, Kriminele Rekordsentrum sowel as die Ondersoeksielkunde-eenheid Maandagmiddag die toneel weer besoek het om na die slagoffer se hande te soek.
Enigiemand wat inligting het wat tot die arrestasie van die verdagtes kan lei, moet speur-luitenant-kolonel Muntu Mbatha by 082 600 8537 kontak.