Skip to main content

Daar is maar min Gautengers wat nog die tradisionele Paasnaweek-wegbreek KwaZulu-Natal toe kan bekostig.

Brandstof is duur, verblyf is haas onbekostigbaar en as jy daarvan hou om te braai, sou jy lankal opgemerk het dat vleispryse die afgelope tyd deur die dak geskiet het.

Maar daar is een uitgawe waaraan mense dikwels nie vooraf dink nie – tolgeld.

Tolpryse is aan die begin van Maart opgestoot en die vier tolhekke tussen Johannesburg/Pretoria en Durban – die De Hoek-plaza by Heidelberg, die Wilgeplaza by Villiers, Die Tugela-plaza naby Harrismith en Mooi-plaza buite Estcourt, gaan jou nou R326,50 uit die sak jaag. Dis byna R700 heen en weer – en dan het jy nog nie die frustrasie van lang rye by die tolhekke in ag geneem nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!