Skip to main content

Die gewilde Noord-Suid-skolerugbytoernooi skop vandag op die spogvelde van Affies in Pretoria af.

Die oud-Springbokvleuel Pieter Rossouw en sy mede-organiseerders het daarin geslaag om die toernooi oor die afgelope tien jaar tot een van die belangrikste toonvensters vir Suid-Afrikaanse skolerugby te verander.

Vanjaar is daar twee ouleerlingwedstryde by die program gevoeg, asook ‘n volledige reeks tweedespanwedstryde.

Sondag is ook tot ‘n rusdag verklaar.

Van die heel beste skole uit die Suide van die land takel die sterkste Noordelike spanne.

Vandag se program is:

11:00 Nelspruit vs Drosdy

12:30 EG Jansen vs Welkom Gim

14:00 Helpmekaar vs Voortrekker Bethlehem

15:30 Garsfontein vs Oakdale

17:00 Jeppe vs Boishaai

18:30 Kes vs Grey College

20:00 Affies Old Boys vs Paul Roos Old Boys.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!