Schereen Beukes, ‘n inwoner van Birch Acres, Kempton Park, is gister net na 10:00 dood in haar Kokkewietstraat-woning aangetref nadat sy glo met ‘n mes gesteek is.
Haar liggaam is in die sitkamer gevind.
Die vermoorde vrou se bediende is ook vele kere met ‘n mes gesteek voordat sy na die bure kon hardloop om hulp te vra. Sy is tans in ‘n kritieke toestand in Tembisa-hospitaal.
‘n Verdagte, glo die tuinier, het blykbaar ‘n deur oopgeskop om toegang tot die huis te kry. Hy het glo na die aanval weggehardloop.
Die polisie ondersoek klagtes van moord, poging tot moord asook huisroof.