Skip to main content

Isaac Cloete

Dit was vandag weer duidelik dat veral die Weskus-gemeenskap, hul Joslin vinnig terug wil hê.

Die saak handel oor die sesjarige Joslin Smith se geheimsinnige verdwyning vanaf  haar huis gedurende Februarie. Volgens die staat het Joslin se ma haar laat verkoop aan ‘n sangoma, Die bedrag was glo R20 000.

Toe die vier verdagtes, Joslin se ma, Racquel “Kelly” Smith en haar vriend, Jacquin “Boeta” Appollis, asook, Phimza Sigaqa (sangoma), en Steveno van Rhyn, weer in die Vredenburg se hof verskyn het, was daar buite verskeie konfrontasies met die polisie.

Die groot skare het geskree dat hulle vir Joslin soek, en dat die hulle ‘later met die verdagtes sal handel’. Die openbare orde-polisie moes op ‘n stadium ook fop handgranate gebruik om die oproerige skare te kalmeer.

Hulle moes later lemmetjiesdraad gebruik om die groot opgewerkte skare tot orde te bring.

Die hoofsaaklik bruin skare was dit eens dat die verdagtes nie borgtog moes kry nie. Maar dit was opvallend dat ‘n groepie meestal swart protesteerders, met plakatte, aangedui het dat Sigaqa vrygelaat moes word. Volgens hulle is sy nie ‘n sangoma nie.

Dit het toe ook gebeur dat die hof  haar vrygelaat het omdat daar nog nie genoegsame bewyse teen haar gebring kon word nie. Die res het hulle borgtog-aansoeke laat vaar, volgens hulle regsverteenwoordiger.

Intussen bly Smith, Appollis en Van Rhyn, in aanhouding tot 13 Mei, terwyl die ondersoek voortgaan. Hulle staan tans en voorlopig tereg op klagtes van menseroof en mense-handel

* Joslin het op 19 Februarie net spoorloos van hulle woning, by Middelpos, Saldanhabaai, verdwyn en is nog nie gevind nie. Verskeie soektogte is op verskeie plekke geloods om haar te vind.

Leave a Reply

error: Content is protected !!