Skip to main content

As jy ooit sou oorweeg om Brasilië te besoek, sal jy waarskynlik jabuticaba-bessies raakloop, ‘n vrug wat slegs in daardie land te vinde is.

Op die oog af kan mens die soet-suur bessies verwar met ‘n kewer-infestasie, want dit lyk of die boom se stam met pers goggas oortrek is.

Hierdie ongewone bessie, wat net ‘n paar weke in die jaar hul verskyning maak, proe nes druiwe, maar moet binne vier dae nadat hulle gepluk is, geëet word. Daarna fermenteer die vruggies.

Die bome dra glad nie vrugte voordat hulle agt jaar oud is nie. Die vrugte, wat propvol anti-oksidante, kalsium, vitamin E en C, fosfor en kalium is, word ook omskep in konfyt, sap, jellie of drank. Dit maak ook ‘n bestanddeel uit van caipirinha, ‘n Brasilaanse skemerkelkie.

Fotokrediet:| strangest-rainforest-plants.aspx

Leave a Reply

error: Content is protected !!