Lede van Upington Grenspolisie bygestaan deur Kimberley Crime Intelligence, ZFM Highway Patrol, Upington POP en SARS Doeane het gister gereageer op inligting oor beweerde onwettige sigarette wat by een van die groothandelaars in Upington gestoor en verkoop word.
Die polisie het ‘n deursoeking en beslaglegging op die perseel uitgevoer en onwettige sigarette ter waarde van R 2 602 490 is ontdek. Die sigarette is gekonfiskeer.
’n Ondersoekdossier is geopen en die sigarette is aan doeane oorhandig vir verdere ondersoek.