Skip to main content

‘n Scania vragmotor met twee sleepwaens wat op 14 Februarie in Boksburg gekaap is, se perd is gister in Bredell deur Hlasela Tactical by Truck Yard opgespoor nadat inligting en die ligging van die trok aan lede van die sekerheidsgroep deurgegee is.

‘n BOLO (Be on Lookout) is sedert die roof aan alle nodige dienste deurgegee om die trok met sy vrag op te spoor. Die trok en sleepwaens se nommerplate (N154011W, N1775L en N2278L) is ook oral versprei.

Verskeie veranderinge is aan die teruggevonde perd aangebring. Die oorspronklike nommerplate is verwyder, die voorste deel van die perd (grill) is verander van groen na swart, en vals maatskappyplakkers en -magnete van ‘n maatskappy wat nie bestaan nie, is ook bo-op die oorspronklike maatskappy se details aangebring. Die lisensieskyf is ook vervals, en die trok se sleutels was weg.

Die eienaar is verwittig en hy het bevestig dat dit sy perd is.

Die perd is aan SAPS Kempton Park oorhandig en dit sal daar geskut word terwyl die ondersoek voortduur. Die sleepwaens en vrag is steeds soek.

Die betrokke rolspelers wat gehelp het om hierdie perd op te spoor, is HLASELA TACTICAL, SEC PROS T60, SAPS Kempton Park, Share It, CRSA en Focus on Security.

Leave a Reply

error: Content is protected !!