Adv Piet Pistorius, Wessels en Petzer se advokaat, het in opsomming gesê daar is geen rede in die reg om sy kliënte van borgtog te weerhou nie.
Die belang van geregtigheid vereis dat hulle borgtog kry. Hulle was nie eers in die onderonsie tussen Van der Merwe en die polisie betrokke nie – en dit was duidelik niks meer as ‘n onderonsie nie.
Pistorius het voorgestel dat die hof R1 000 borgtog aan Petzer en Wessels toestaan.
Adv Izak Herbst het gesê die staat se saak teen Devon Hofmeyr is bitter swak. Hy het ook borgtog van R1 000 voorgestel.
Adv Nelson Moloto het sy saak as aanklaer opgesom deur te redeneer dit kan nie aangevoer word daar is nie bewyse teen hulle nie. Die ondersoekbeampte se ondersoek is nog nie afgehandel nie. Dit is die plig van die hof om ‘n regverdige bevinding te maak nadat alle getuienis opgeweeg is.
‘n Beslissing oor borgtog word binnekort verwag.