Skip to main content

DIRK LOTRIET

Die marathon-wêreldrekordhouer Kelvin Kiptum is gister in ‘n motorongeluk in Kenia dood.

Kiptum was na net drie marathons reeds ‘n superster en het die wêreld aan sy gevleuelde voete gehad. Hy was net 24.

Sy Rwandese afrigter, Gervais Hakizimana, is gisteraand laat in dieselfde ongeluk dood.

Kiptum het in Oktober in Chicago ‘n oornag-sensasie geword deur die wêreldrekord te verpletter en die eerste atleet te word om die ikoniese wedloop in minder as 2:01 in ‘n amptelike wedloop te voltooi.

Hy was een van die opwindendste vooruitsigte wat in jare in padhardloop na vore gekom het en was waarskynlik die gunsteling om die goue medalje in die marathon by die Olimpiese Spele in Parys te wen.

Die groot vraagteken rondom hom  was egter of hy die marathon in minder as twee uur kon voltooi – ‘n prestasie wat al met die maanlanding vergelyk is.

Nog ‘n Keniaanse atleet, Milcah Chemos, het die ongeluk oorleef. Die ongeluk het gebeur tussen die dorpe Eldoret en Kaptagat in die weste van Kenia, in die hartjie van die streek wat deur baie van die top-langafstandhardlopers in die wêreld as oefenbasis gebruik word. Kiptum is in die omgewing gebore en getoë.

Die ongeluk het gebeur op ‘n pad tussen die dorpe Eldoret en Kaptagat in die weste van Kenia, het Chemos gesê, in die hartjie van die hoë hoogte-streek wat bekend is as ‘n oefenbasis vir topafstandhardlopers van Kenia en regoor die wêreld. Kiptum is in die omgewing gebore en getoë.

Kiptum het verlede jaar die kroon as die koning van die marathon by sy legendariese landgenoot Eliud Kipchoge oorgeneem. Kipchoge, wat ie marathon by die laaste twee Olimpiese Speles gewen het, sou sy grootste teenstander in Parys wees.

Die president van wêreldatletiek, Sebastian Coe, het op X (voorheen bekend as Twitter) geskryf: “Ons is geskok en diep hartseer om te hoor van die verwoestende verlies van Kelvin Kiptum en sy afrigter, Gervais Hakizimana. Namens alle Wêreldatletiek stuur ons ons innige meegevoel aan hul families, vriende, spanmaats en die Keniaanse nasie.”

Kiptum was die jongste Keniaanse hardloper wat in ‘n padongelukke gesterf het.

David Lelei, ‘n silwermedaljewenner by die Afrika-spele, ll-Africa Games silwer medaljewenner, is in 2010 in ‘n motorongeluk dood. Die marathon-hardloper Francis Kiplagat was onder vyf mense wat in ‘n ongeluk in 2018 dood is. Nicholas Bett, ‘n wêreldkampioen in die 400 meter-hekkies, het ook in 2018 in ‘n motorongeluk gesterf.

Die 800m-superster David Rudisha, die voormalige 10 000 meter wêreldkampioen Moses Tanui en die Olimpiese silwermedaljewenner Paul Tergat het almal ernstige padongelukke oorleef.

Kiptum was ‘n supermens. ‘n Twee uur marathon is tot baie onlangs as menslik onmoontlik beskou. Dis beslis ‘n baie, baie groter prestasie as Roger Bannister se vier minuut myl. Groter as Sir Edmund Hillary se bestyging van Everest. Groter as Scott wat die Noordpool bereik het.

Die menslike liggaam is eenvoudig nie gebou om dit te kan doen nie. Maar Keniaanse langasems is nie gewone mense nie.

Die Keniaan was met net drie marathons op sy kerfstok nog ‘n groentjie – maar ‘n groentjie wat drie van die sewe vinnigste marathons van alle tye gehardloop het.

Verlede Oktober het Kiptum nie net die wêreldrekord gebreek nie – hy het die trajek van die marathonprestasies en waartoe die menslike liggaam in staat is, verander.

Voor sy rekord het kenners voorspel die 2:00-grens kon op die gouste in 2040 spat. Kiptum het daardie voorspelling tot hierdie jaar of 2025 gesny. Nou wil niemand raai wanneer dit kan gebeur nie.

Kipchoge sal nou ‘n sterk aanspraakmaker op sy derde Olimpiese goue medalje wees. Hy is nog lank nie oor die muur nie, maar hy is al effe lank in die tand om wêreld-pad-atletiek tot nuwe, ongekarteerde terrein te neem.

Kenia gaan nog ‘n haas uit die hoed moet pluk.

Leave a Reply

error: Content is protected !!