Skip to main content

Die Keimoes SAPD vra die publiek se bystand om Salman Johannes Mentoor(66) op te spoor.

Salman het Saterdag, 03 Februarie 2024 sy huis in Uitbreiding 3, Keimoes verlaat en is laas op die N14-pad na Kenhardt gesien en was glo op pad na Lennertsville.

Hy het ‘n gehoorgestremdheid in albei ore en is verstandelik gestremd. Hy het grys hare en die helfte van sy regteroor word vermis.

Hy het ‘n roomkleurige broek, wit tekkies en rooi/bruin t-hemp aangehad toe hy vermis geraak het.

Die publiek word daaraan herinner dat daar geen wagtydperk is om ‘n persoon as vermis aan te meld nie.

Enigiemand met inligting kan D/Sgt Marius Fortuin skakel by 084 253 7184. Alternatiewelik, gee ‘n wenk deur Crime Stop te skakel by 08600 10111 of deur die My SAPS-toepassing te gebruik.

Leave a Reply

error: Content is protected !!