Skip to main content

Danksy kameras wat gatvol inwoners van Bredell in hul strate en voor besigheidspersele opgerig het, is vier verdagtes gister na ‘n jaagtog vanaf Derdelaan in Bredell tot in Northmead, Benoni, aangekeer.

Hulle was in ‘n bronskleurige Ford Fiesta wat voorheen tydens gewapende rooftogte gebruik is. Sec Pros Taktiese-eenhede het die voertuig opgespoor en aangekeer en NoJack het gehelp met forensiese ondersoeke op die voertuig. Een nagemaakte geweer is in die voertuig gevind.

Die verdagtes is na Norkem Saps vervoer.

Leave a Reply

error: Content is protected !!