Skip to main content

Isaac Cloete

“Sy kognitiewe vermoë is baie laag en hy is nie toerekeningvatbaar nie.”

Sy voormalige juffrou het so oor haar oudleerling vertel nadat laasgenoemede sy pa doodgesteek het.

Volgens ‘n polisie-woordvoerder, luit/kol Sergio Kock, was daar Maandag voor eenuur, ‘n hewige woorde-struweling tussen die 21-jarige seun en sy 50-jarige pa. Hierna het die seun sy pa in die bors met ‘n mes gesteek. Die pa (later geïdentifiseer as Pieter Beukes) was na die plaaslike kliniek in Bergsig gehaas, maar op pad daarheen het hy aan sy wond(e) beswyk.
Die seun het homself later aan die polisie oorhandig. Hy is gearresteer en is tans in aanhouding. Intussen ondersoek die polisie ‘n moordklag en die gebeure rondom dit, volgens Kock.
Dit het later aan die lig gekom dat die verdagte voorheen by ‘n skool was vir leerders wat stadig in gewone skole leer.

Sy juffrou van sowat tien jaar gelede by KSLO het hom as ‘n vriendelike seun beskryf. Sy was baie hartseer toe sy van die voorval gelees het.

“Hy was ‘n leerling vanaf 2014 by my. Hy is nie toerekeningsvatbaar vir sy optredes nie. Eers ontken hy die waarheid, maar sal na ‘n tyd uitkom met dit wat hy gedoen het.”

Inwoners van veral Bergsig/Vaalwater-omgewing is steeds geskok oor die voorval en het dit veroordeel.

Leave a Reply

error: Content is protected !!