Skip to main content

Die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid (AFU) in Pretoria het beslag gelê op luukse motors, huise en geld van drie buitelandse burgers en hul vrouens wat na bewering verbind word met ‘n hoëprofiel-goudmynsindikaat wat in Khutsong  en Carletonville bedrywig is.

Die verdagtes, wat van Zimbabwe en Mosambiek is, was in besit van vervalste Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente.

Die AFU het voorheen drie bewaringsbevele wat items van meer as R20 miljoen beloop, verkry. Dit het 55 voertuie, 10 eiendomme, kontant ten bedrae van R91 000 en waardevolle bates ingesluit.

Die NVG sal nou verbeurdverklaringsbevele aanvra, en die eiendomme sal op openbare veiling verkoop word.

Die verhoor is geskeduleer om op 24 Julie te begin, met die beskuldigdes wat teregstaan op aanklagte soos geldwassery en rampokkery.

Leave a Reply

error: Content is protected !!