Skip to main content

Die polisie in Richmond en Van Wyksvlei in die Pixley Ka Seme-distrik het die afgelope paar dae vyf verdagtes vir die beweerde diefstal en besit van gestewelde vee in hegtenis geneem.

Die polisie in Richmond het inligting ontvang van verdagtes wat besig was om skape in ‘n huis in Richmond te slag. Drie verdagtes is in die huis aangekeer met drie skaapkarkasse sowel as een lewendige skaap.

Hulle is aangekeer en aangekla vir veediefstal asook die besit van beweerde gesteelde vee. Daar is ook beslag gelê op die voertuig wat na bewering in die pleging van die misdaad gebruik is.

In ‘n afsonderlike voorval in Van Wyksvlei het polisielede tydens patrolliediens twee onbekende mans genader wat verdagte sakke gedra het. Met die deursoek van die sakke het die polisie vars skaapvleis gevind waarvoor hulle nie kon verantwoording doen nie. Hulle is gearresteer en aangekla vir die besit van beweerde gesteelde vee.

Die vyf verdagtes sal binnekort in hul onderskeie landdroshowe verskyn.

Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het aangedui dat verhoogde polisiesigbaarheid sal voortgaan om te verseker dat oortreders van misdaad aangekla word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!