Skip to main content

George April

Geen vuilspel word vermoed in die afbrand van die Shelley Point Hotel en Spa in St Helenabaai op 2de Nuwejaar nie.

Die Weskus se inwoners herstel nog na die skok oor die skielike afbrand van die eens spoghotel. Wat baie mense dalk nie weet nie, is dat daardie hotel eers ‘n vyfsterhotel was wat deur die Bonn-hotelgroep in Suid Arika bestuur is.

Volgens betroubare inligting was die betrokke hotel ‘n paar maande gelede vir R7 miljoen opgradeer.

Die hotel het diep spore in baie Weskussers se lewens getrap. Ek was as verslaggewer in 2015 een van twaalf spesiale gaste by die betrokke Bonn Hotel in Shelley Point, St Helenabaai. Amelia Heyns (gasheer en langs my op foto) wat nie meer by die hotelgroep is nie, het gesorg dat elke gas daardie besoek terdeë geniet het en sal onthou.

Danksy my betrokkenheid by ‘n jeuggroep op Hopefield, was 12 jongmense van Hopefield daarna genooi na werkskursusse. Vier jongmense van Hopefield het vandag bestuursposte, danksy hul uitnodiging na die betrokke hotel. Dit sluit in Ronel Jooste, vandag ‘n bestuurderes by die Checkers-winkelgroep in Langebaan, wat volgens haar verskeie kursusse by die betrokke hotel gedoen het.

Kaptein Tania Helfrich, die polisie se mediaskakelbeampte aan die Weskus, het op ‘n navraag die volgende laat weet: ‘n Forensiese ondersoekspan van Kaapstad het die ondersoek gedoen, en brandstigting was nie die oorsaak van die brand nie. Die brand het blykbaar ontstaan uit ‘n restaurant wat op daardie stadium nie oop was nie. Maar geen nalatigheid kon gevind word nie, volgens Helfrich.

Die geraamde skade aan die hotel was R500 miljoen.

Leave a Reply

error: Content is protected !!