Skip to main content

Die Valke se Bellville-gebaseerde Serious Corruption Investigation-span het Renay Claudine Ruiters (47) gister vir korrupsie gearresteer.

Ruiters, wat ‘n verkeersbeampte is, het na bewering geld ten bedrae van R15 000.00 afgepers van ‘n persoon wat sy in hegtenis geneem het vir bestuur onder die invloed van alkohol gedurende September 2023.

Die saak is onder die aandag van die Valke gebring vir ondersoek waarna die arrestasie uitgevoer is.

Ruiters is uit op borgtog van R1000.00 nadat sy gister vlugtig in die Kaapstad-landdroshof verskyn het. Die saak word tot 5 April 2024 uitgestel vir verdere ondersoek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!