Skip to main content

Die welbekende ‘Klokman van Hartbeespoort’ is in ‘n stabiele toestand in die hospitaal nadat hy vroeg vanoggend ernstige beserings in ‘n tref-en-trap-ongeluk naby die Laerskool Broederstroom opgedoen het.
Martin Bissett, wat elke dag met ‘n klok in Hartbeespoort se strate ‘n Christelike boodskap verkondig, is rondom sesuur  by die vulstasie naby die skool getref. Die silwer Toyota Avanza wat hom raakgery het, het weggejaag.
Paramedici het Bissett op die toneel behandel waarna hy na die hospitaal vervoer is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!