Skip to main content

Verbeterde polisiesigbaarheid, versterkte toewysing van hulpbronne en geteikende polisieoperasies het nie net daarin geslaag om groot misdade te voorkom en die provinsie stabiel te hou nie, maar het ook verseker dat gesoekte verdagtes opgespoor en in hegtenis geneem is. In Desember 2023, wat die besige feestyd ingesluit het, het die polisie in KwaZulu-Natal altesaam 10 622 verdagtes vir verskeie kategorieë misdaad in hegtenis geneem.

Drieduisend driehonderd vyf en vyftig (3 355) verdagtes is gearresteer vir kontakmisdade. 214 van hulle is vir moord vasgetrek. Nog honderd ses en negentig (196) verdagtes is gearresteer in verband met sake van poging tot moord. Die stryd teen alle soorte rooftogte, insluitend sakerooftogte, huisrooftogte, rooftogte met verswarende omstandighede en motorkaping is verskerp, en gevolglik is 173 verdagtes vir die misdade in hegtenis geneem. In die proses is 282 vuurwapens, waaronder 11 gewere en 12 tuisgemaakte vuurwapens uit die samelewing verwyder. Meer as 2 400 rondtes ammunisie is ook gevind.

Die veiligheid van vroue en kinders bly boaan die agenda en om die gemeenskappe van alle seksuele roofdiere te bevry, is altesaam 243 verdagtes uit die samelewing verwyder vir hul beweerde betrokkenheid by sake van verkragting en seksuele aanranding. Die onverantwoordelike verbruik van drank bly die groot bydraende faktor tot gevalle van aanranding. Slegs in Desembermaand is 1 669 verdagtes gearresteer vir aanranding met die doel om ernstig te beseer. Nog seshonderd vyf-en-twintig (625) verdagtes is ook vir gewone aanranding gearresteer. Sewe honderd nege en dertig (739) mense is gearresteer vir onwettige handel en verspreiding van drank.

’n Samewerking tussen gemeenskapstrukture en private misdaadvoorkomingsvennote het vrugte afgewerp en diegene wat eiendomsverwante misdade pleeg, is ook met die toorn van die wet teëgekom. Driehonderd-ses-en-sestig (366) verdagtes is vasgetrek vir inbrake, diefstal van en uit motorvoertuie en veediefstal.

Die verhoogde polisiesigbaarheid op die paaie was nie verniet nie. Verskeie padblokkades, voertuigkontrolepunte en stop-en-deursoek-operasies het gelei tot die arrestasie van 835 mense vir bestuur onder die invloed van alkohol. Eenduisend driehonderd drie-en-twintig (1 323) verdagtes is gearresteer vir dwelmverwante misdade. Daar is ook op gevaarlike wapens soos 609 messe, 11 byle en 19 pangas beslag gelê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!