Skip to main content

Nog swaar reën in dele van KwaZulu-Natal, insluitend die reeds vloedgeteisterde Ladysmith, het tot die ontruiming van verskeie gesinne gelei.

In die Msinga Plaaslike Munisipaliteit het rampspanne gehelp om mense wat in ‘n blok huurkamers woon wat langs die uThukelarivier gebou is, te ontruim toe dit oorgeloop het.

Daar is voorheen berig dat aanhoudende swaar reën in die provinsie verantwoordelik was vir die dood van 40 mense. Vier-en-sewentig mense is beseer en 47 mense is dakloos. Meer as 4 000 mense is hierdeur geraak.

Leave a Reply

error: Content is protected !!