Skip to main content

Volgens Lightstone se jongste data was verlede jaar ’n moeilike een vir Suid-Afrika se huiskopers, huiseienaars en eiendomsagente, hoofsaaklik weens die hoë rentekoerse.

Ongeveer 240 888 eiendomsregistrasies is in 2023 verwerk teen ‘n waarde van R257 miljard.

Dit verteenwoordig ‘n afname van 29% van die 340 682 oordragte wat in 2022 aangeteken is teen ‘n waarde van R345 miljard.

Lightstone het verder ‘n afname in terme van eerste en herhaalkopers identifiseer.

Eerstekeerkopers het eiendom ter waarde van R75,5 miljard gekoop, terwyl herhaalde kopers R182,3 miljard se eiendom gekoop het.

Dit verteenwoordig ‘n afname van onderskeidelik 28% en 24% vergeleke met die vorige jaar.

Die meerderheid van diegene wat dit wel vanjaar reggekry het om ‘n eiendom te koop, het verkies om dit in Gauteng te doen – wat die tuiste van sewe van die gewildste tien voorstede was, gebaseer op transaksievolumes.

Die Wes-Kaap het met twee voorstede in die Top 10 gespog, met een in Limpopo.

Leave a Reply

error: Content is protected !!