Skip to main content

Indië se sege Donderdag in die tweede toets teen Suid-Afrika in Kaapstad is die kortste besliste toetswedstryd in die geskiedenis van die spel.

Drie-en-twintig paaltjies het op die openingsdag geval toe Suid-Afrika, wat verkies het om eerste te kolf, voor middagete vir net 55 uitgeboender is. Indië is toe vir 153 uitgehaal en het hul laaste ses paaltjies verloor sonder om ‘n enkele lopie aan te teken.

Die Proteas het in die tweede kolfbeurt effens beter gevaar met Aiden Markram wat ‘n skitterende honderdtal aangeteken het. Maar Indië het die lopies vir ‘n oorwinning met net drie paaltjies plat behaal.

Die wedstryd het net 107 boulbeurte, oftewel 642 aflewerings, geduur.

Leave a Reply

error: Content is protected !!