Skip to main content

‘n Kanadese wolf wat in Benoni rondgeloop het, is gevang.

Sosiale media het vandeesweek gegons ná berigte dat die wolf gesien is waar hy op Landbouhoewes aan die Oos-Rand ronddwaal. Daar word beweer dat die dier op Oujaarsaand van ‘n eiendom in die omgewing ontsnap het.

Logan, die Kanadese woudwolf, is suksesvol gevang met die hulp van Lapua Strike Force, ‘n private sekuriteitsmaatskappy. Hy sal na ‘n toevlugsoord verskuif word wat toegerus is om in sy behoeftes te voorsien.

Leave a Reply

error: Content is protected !!