Skip to main content

Ses SA Tsunami-oorlewendes kom by Lanseria aan

Ses beseerde Suid-Afrikaanse oorlewendes van die tsoenami in Thailand het aan boord van ‘n reddingsvlug vanaf Bangkok by die Lanseria-lughawe aangekom.

Die tsoenami is begin deur ‘n massiewe aardbewing van 9,0 op die Richterskaal, wes van die Indonesiese eiland Sumatra. Dit het sowat 125 000 mense langs die kuslyne van die Indiese Oseaan dood gelaat.

Sestien Suid-Afrikaners was op daardie datum nog vermis, veertien van hulle in Thailand en twee in Indië.

In ‘n gesamentlike operasie waarby die regering, Netcare, Discovery Health en die SA Joodse Raad van Afgevaardigdes betrokke was, is ‘n vliegtuigvrag mediese beamptes en konsulêre beamptes van Buitelandse Sake na Thailand gestuur om die vasgekeerde Suid-Afrikaners te ontruim.

Leave a Reply

error: Content is protected !!