Skip to main content

Die Noord-Kaapse Provinsiale Kommissaris, Luitenant-Generaal Koliswa Otola, verseker die gemeenskappe van die Noord-Kaap Provinsie dat die polisie in volle mag sigbaar sal wees en ‘n nul-verdraagsaamheid-benadering tydens die feesseisoen geopenbaar sal word.

Sy het gesê dat daar meer voete op die grond sal wees, aangesien nuwe konstabels wat onlangs uitgepasseer het, die kapasiteit van die mans en vroue in blou sal versterk, en polisievermoëns regdeur die provinsie sal verbeter en vergroot.

Wetstoepassing sal deur Gemeenskapspolisiestrukture, reserviste en ander relevante eksterne rolspelers ondersteun word.

Prioriteitsmisdade, insluitend alle kontakmisdade, residensiële en besigheidsrooftogte, beskadiging of peuter aan noodsaaklike infrastruktuur, misdade teen vroue en kinders sowel as dwelm- en alkoholverwante misdade sal kragtig gepolisieer word.

Luitenant-generaal Otola is vasbeslote dat alkohol- en dwelmmisbruik nie geduld sal word nie en ‘n nul-verdraagsaamheidsbenadering sal gevolg word, aangesien dit lei tot die pleeg van ernstige en gewelddadige misdade.

Alle padgebruikers word versoek om hul persoonlike veiligheid te administreer deur te voldoen aan basiese veiligheidsmaatreëls, soos:

– Verseker dat voertuie gediens en onderhou word,

– Dra veiligheidsgordels;

– Moenie selfone gebruik en bestuur nie;

– Kyk vir tekens van moegheid en neem gereelde rus-periodes;

– Moenie drink en bestuur nie.

Gespesialiseerde eenhede soos die Soek-en-reddingseenheid sal regdeur die provinsie beskikbaar wees vir polisiegebiede met watermassas, soos damme en riviere. Wees waaksaam en versigtig wanneer jy swem. Moenie alleen gaan swem of onder die invloed van alkohol swem nie. Ouers moet ten alle tye bewus wees van waar hulle kinders is.

Die publiek word ook daaraan herinner dat daar geen wagtydperk is om ‘n persoon as vermis aan te meld nie en dit dadelik moet doen.

Huiseienaars word aangemoedig om maatreëls te tref om hul eiendom te beveilig wanneer hulle weg is met vakansie.

Kopers word ook versoek om voorsorgmaatreëls in besige winkelsentrums te tref. Moenie groot bedrae kontant dra nie, betaal met ‘n debiet- of kredietkaart waar moontlik; moenie oorlaai word met inkopiesakke nie, en hou altyd een hand vry.

Luitenant-generaal Otola het die gemeenskap aangemoedig om die oë en ore van die polisie te wees: As jy iets sien – sê iets.

Gemeenskappe kan die SAPD Crime Stop-nommer 08600 10111 gebruik of die MY SAPS-toepassing aflaai.

Leave a Reply

error: Content is protected !!