Skip to main content

Die lede van Upington Grenspolisie het inligting ontvang oor ‘n dwelmbesending wat vandeesweek per koerierdiens vanaf Upington gestuur sou word.

Die inligting is geoperasionaliseer en 5 885 kg dagga ter waarde van R918 060.00 is ontdek en gekonfiskeer.

Misdaadintelligensie-ondersoeke het die span na ‘n plaas in die Kenhardt-omgewing gelei waar die besending na bewering vandaan kom. Die perseel is deursoek waar verskeie verpakkingsmasjiene, ligte, daggaplante, verwerkte dagga, ‘tower’sampioene, verpakkingsmateriaal, skale, kontant, kweektonnels, ens ontdek is.

Vuurwapens en ammunisie is ook tydens die soektog gevind. Die eienaar kon geen dokumentasie vir hierdie vuurwapens verskaf nie.

Altesaam 302 395 kg verwerkte dagga ter waarde van R47 173 620.00, 872 daggaplante ter waarde van R87 200.00, agt gewere en twee rewolwers met ‘n geraamde waarde van R350 000.00, ammunisie met ‘n geraamde waarde van R16 000, en verskeie ander items is gekonfiskeer.

Die 44-jarige manlike verdagte is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie asook onwettige handel in dwelms.

Leave a Reply

error: Content is protected !!