Skip to main content

‘n 34-jarige ma en haar negejarige seun is wreed vermoor by hul huis in Alberton, Gauteng. Die misdaad is glo deur hul tuinier gepleeg.

Die man van die vermoorde vrou het op ‘n grusame toneel afgekom toe hy tuiskom en is na bewering ook deur die tuinier met ‘n byl aangeval.

Die man het daarin geslaag om ‘n veiligheidswag te waarsku wat die verdagte aangekeer het. Die 37-jarige tuinier is gearresteer en sal teregstaan op twee aanklagte van moord.

Hy sal na verwagting voor die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!