Skip to main content

Die Minister in die Presidensie vir Elektrisiteit, dr Kgosientso Ramokgopa, sal na verwagting môre die eerste aflewering van petrol kragopwekkers in Pietermaritzburg ontvang wat geskenk is deur die Volksrepubliek van China.

Hierdie opwekkers vorm deel van die Tegniese Bystandsprogram tussen SA en China.

“Die kragopwekkers sal as ‘n rugsteun gebruik word om die impak van beurtkrag in die lewering van dienste in klinieke, skole en howe te verlig, terwyl die regering voortgaan om die Energie-aksieplan te implementeer om uiteindelik beurtkrag te beëindig en volhoubare energiesekerheid te skep,” het die Presidensie in ‘n verklaring gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!