Skip to main content

SAL Helderberg 747 stort neer

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens Helderberg 747-stralervliegtuig het naby Mauritius in die Indiese Oseaan neergestort en al 159 mense aan boord is dood. ‘n Brand wat by die hoofdek-vragruim ontstaan het, het die ongeluk veroorsaak.

Die raad van ondersoek, onder leiding van regter Cecil Margo, het berig dat die brand deur plastiek- en kartonverpakkingsmateriaal aangevuur is, maar die werklike bron van die brand kon nie vasgestel word nie.

Dit was onwaarskynlik dat sabotasie die oorsaak hiervan was. Volgens Margo was die rook- en brandverklikkerstelsels sowel as die brandbestrydingsfasiliteite in ‘n swak werkende toestand.

Die feit dat ‘n ZUR-bandopname van die vlug verdwyn het en gerugte dat daar ‘n vroeëre brand was (waaroor inligting na bewering ontken is), en ook dat die vlug gevaarlike vrag vervoer het, het tot wydverspreide bespiegelings in die pers gelei.

Bron: SAHO

Leave a Reply

error: Content is protected !!