Die Reserwebank het uiteindelik kommentaar gelewer oor die enorme valutamanipulasieskandaal.
Die goewerneur van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het bevestig dat hy die Mededingingskommissie bystaan in die forex-kartelsaak-ondersoek waarby Standard Chartered Bank (SCB) betrokke is. SCB is ‘n boete van R42,7 miljoen opgelê in ‘n saak waarby 28 banke betrek is. Hierdie banke word daarvan beskuldig dat hulle die rand- en dollargeldeenheid tussen 2007 en 2013 gemanipuleer het
“Hulle is besig met ‘n proses, hulle het ons genader en ons om hulp gevra omdat ons in ‘n buitelandse valutamark is,” het Kganyago gesê.
“Ons het ure en ure saam met hulle deurgebring, ons het al die hulp verleen wat hulle nodig gehad het. Sou hulle enige verdere hulp by ons benodig, sal hulle dit kry.
“Maar hulle is die bevoegde owerheid om enige bewerings van markmisbruik en markmanipulasie te ondersoek.
“Hulle moet die ruimte gegun word om hul werk te doen en hul prosesse te volg.”
Die geldeenheidskandaal is blootgelê nadat die Rewerwebank deel geword het van ‘n globale kode – beginsels van goeie praktyk vir groothandel buitelandse valutamarkte met die doel om ‘n robuuste, billike, vloeibare, oop en deursigtige mark te skep – en die Mededingingskommissie bewus geword het van die ongerymdhede .