Skip to main content

Die kommersiële misdaadondersoekbeamptes het op ‘n 29-jarige vrou gearresteer in verband met Padongelukkefonds (POF) bedrog van R2 miljoen.

In November 2022 het die vrou, wat as ‘n sekretaresse gewerk het by ‘n prokureur wat POF-eise in Hillcrest hanteer het, na bewering ‘n eiser uit R1 650 000 bedrieg. Die sekretaresse het aan die kliënt gesê dat die Padongelukkefonds nie die geld oorbetaal het nie, alhoewel rekords by die Padongelukkefonds bewys het dat die geld in die prokureur se rekening inbetaal is. ’n Saak van bedrog is by die polisie geopen vir ondersoek.

In dieselfde maand is nog ‘n saak van bedrog teen dieselfde verdagte geopen nadat sy na bewering ‘n vals bewys van betaling uitgereik het ter waarde van R440 000 wat die kliënt van die fonds geëis het.

Die verdagte sal na verwagting vandag in die Pinetown-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!