Skip to main content

Inwoners van Oudekraalfontein, Hopefield, soek antwoorde nadat die munisipaliteit sonder enige verduideliking huishoudings se kragtoevoer verswak het.

Huishoudings se kragtoevoer is vanaf 60mHz verswak na 30kHz, wat dit onmoontlik maak om alle toebehore soos tevore te gebruik. ‘n 92 jarige bejaarde vrou kon nie verlede maand haar 50 eenhede gratis krag ontvang nie, omdat haar kragtoevoer eers afgradeer moet word.

Die media was oorval deur verskeie bejaardes wat nie weet wat aangaan nie. ‘n 68 jarige huisvrou het haar teleurstelling uitgespreek en vertel.

“Hier het net mense van SBM (Saldanhabaai Munisipaliteit) gekom en gesê hulle moet aan my kragboksie werk. Hy het geen verduideliking gegee nie. Toe ons gesin egter Sondag kos maak, toe trip ons krag aanmekaar. Ek het vir my buurmense gaan vra wat aangaan, toe die buurman vir my vertel ons krag was swakker gemaak.”

“Die DA (Demokratiese Alliansie) dink regtig niks van ons nie, dis mos nie reg nie,” het die vrou gesê.

By nog ‘n bejaarde se huis bly twee gesinne op een erf. Volgens haar het sy vir die man gevra waarom hulle krag verswak moet word? “Daai man vertel toe vir my dis omdat ons twee gesinne op een jaart bly.

“Die DA dink regtig niks van ons arm mense nie, kyk, hulle verarm ons dan nou meer,” het die vrou uitgevaar. Hoe kan hulle ons krag verswak, as ons reeds met load shedding sukkel? Waar moet my seun wat getroud is gaan bly, as hy nie geld het om ‘n huis te bou of te koop nie? Ons moet nou ruil ruil ons yskaste afsit, anders trip die krag.”

Nie net is die mense se kragtoevoer nou swakker nie, die krag loop ook vinniger af,” het ‘n SBM werker op navraag van Die Waarheid gesê.  Wat baie snaaks is in die media se ondersoek, is dat al die vroue enkelouers is, wat op staatstoelae aangewese is.

Met die eerste navrae aan SBM se media woordvoerder Ethne Lawrence, wou sy weet wie die inwoners is wat kla. Die Waarheid het reageer dat hulle behoort te weet wie se kragtoevoer hulle verswak het.

Nog ‘n kopseer waarmee inwoners van Oudekraalfontein nou al vir jare worstel, is met navrae op munisipale probleme. In die meerderheid gevalle word mense aangeraai om Vredenburg toe te gaan met probleme.

Nie een van die mense met wie die media gepraat het, wou hul name genoem hê nie. “Nee Oom, môre sit ek sonder krag as hulle weet ek het ook gekla,” het een vrou grappendergewys gesê.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!