Skip to main content

Impala Platinum (Implats) het bevestig dat daar tot dusver elf sterfgevalle is en talle ander ernstige beserings by ‘n voorval op hul Rustenburg, Noordwes myn.

‘n Kabel by skag 11 waaraan ‘n hok gekoppel is waarin werkers vervoer word, het gebreek.

“Hierdie kabel is gekoppel aan die personeelvervoer, wat werknemers op en af in die skag hys. Die vervoer bestaan uit drie vlakke, elk met ‘n kapasiteit om 35 personeel te vervoer,” het Impala Mine gesê.

Die myn se woordvoerder, Johan Theron het bevestig dat 169 mense in die voorval betrokke is

Alle nooddienste is steeds op die toneel.

Leave a Reply

error: Content is protected !!