Skip to main content

Die vermeende bendebaas van die Varador Cortet-bende, Leroy ‘Finch’ Brown is gister in Constantia, Johannesburg doodgeskiet pas nadat hy die Virgin Active-gimnasium verlaat het.

Verskeie brokke inligting van regoor Gautengse bendegebiede berig dat Fast Gun-lede feesvier en Varador Cortet-lede bymekaarkom om moontlik wraak te beplan.

Plekke wat moontlik hierdeur geraak word, maar nie tot hierdie dele beperk is nie:

Sophiatown (Westbury, Newclare, Claremont)

Booysens (Bellavista, Chrisville)

Moffatview (South Hills)

Brixton (Vrededorp)

Eldorado Park

Hierdie gebiede wword almal gekenmerk deur hoë bende-aktiwiteite.

Dit kan oorspoel na Kaapstad-gebiede, Port Elizabeth-omgewing, asook Durban-gebiede.

Bendelede van verskeie bendes, veral Varador Cortet en Fast Gun-bende, gaan moontlik die geleentheid gebruik om oornames te benut.

Leave a Reply

error: Content is protected !!