Skip to main content

Hopefield is die enigste dorp aan die Weskus wat nog nooit ‘n sokkerklub gehad het nie.  Op die sportveld is daar egter altyd  kinders wat die ronde bal na skool of naweke rondskop.

Pienaar Nthotso, die afrigter, is van Vredenburg, maar werk en bly weekliks in Hopefield. Die spannetjie is nou vir meer as ‘n maand besig, maar volgens Nthotso, het hy meer balle nodig om die seuns balvernuf te leer.

Hopefield is een van die dorpe aan die Kaapse weskus wat absoluut geen sportfasiliteite vir kinders of tieners het nie. Kinders dwaal meestal doelloos op strate rond, en ons by West Coast Sports Solutions (WCSS) probeer alle sportkodes akkomodeer.

‘n O/19 sewes rugby toernooi was op 23 September in Moorreesburg gehou om fondse in te samel, juis om sportiewe kinders te help. Alhoewel 13 spanne deelgeneem het, het toeskouers geskitter in hul afwesigheid.

Geen borg kon ook betyds bekom word nie, en op die betrokke dag het die Springbokke teen Ierland gespeel.  Dus kon die wenspanne nie hul beloofde prysgelde ontvang nie.

Die dag was egter steeds ‘n sukses. Ons organiseerders is reeds besig om besighede te nader, sodat die toernooi weer volgende jaar wel suksesvol aangebied kan word.

Groot besighede wat belangstel om betrokke te raak, kan Lara Neuenchwander skakel by 071 043 5766 of ‘n epos stuur na admin@wcsportssolutions.co.za

Enige publieke lid wat belangstel om ons te help, ons bank besonderhede is soos volg.

Rekening : – GOUE BESIGHEIDS REKENING

EERSTE NASIONALE BANK

Rekening naam: – WEST COAST SPORTS SOLUTIONS

Rekening nommer. 63057871585

Takkode: – 200311

Leave a Reply

error: Content is protected !!