‘n 33-jarige Suid-Afrikaanse man is in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat 23 buitelandse burgers, wat vermoedelik in die land verhandel is, beknop in sy Toyota Quantum-voertuig ontdek is.
Die polisie het inligting ontvang oor ‘n wit Toyota Quantum wat vermeende ongedokumenteerde buitelanders vervoer. Die aangekeerde bestuurder het beweer hy het opdrag gekry om mense na Delmas te vervoer.
Die passasiers, bestaande uit Pakistanse en Bangladesjse burgers, insluitend twee minderjariges, is aangehou en die bestuurder is van die oortreding van die Wet op Mensehandel aangekla.
Onwettige buitelanders – nou sê ek niks meer nie.