Skip to main content

George April

Een van drie mans wat positief geïdentifiseer en aangekla is vir die moord op ‘n bekende Piketbergse egpaar, verskyn Maandag in die hof in Laaiplek.

Pierre en Belinda De Kock se liggame is Sondag 4 Junie in hul huis op hul plaas Holvlei gevind. Die egpaar, wat baie gewild was, se dood het skokgolwe veroorsaak in die gemeenskap. Pierre was ‘n sakeman op Piketberg en Belinda ‘n maatskaplike werkster.

Kaptein FC Van Wyk, polisie-woordvoerder het bevestig dat drie buitelandse burgers positief aan die moord verbind is nadat die ondersoek afgehandel is. ‘n 31-jarige man is gearresteer en sal Maandag in die Laaiplek-landdroshof vir regsverteenwoordiging verskyn.  ‘n Ander beskuldigde, ‘n Xhosa-tolk, bly egter in aanhouding. Twee ander verdagtes is steeds op vrye voet.

“Die egpaar was gelief onder menigte inwoner op Piketberg en in die omgewing,” het mense met wie die media oor die voorval gesels het, gesê.

‘n Aanlyn-petisie is verlede week deur SP Tredoux van Velddrif begin om borgtog vir die vermeende moordenaars teen te staan. Honderde handtekeninge is blitsig gekry.

“Die landbou- en dorpsgemeenskap van Velddrif ervaar geweldige trauma en stres na die dubbele moord op die De Kock-egpaar,” het Tredoux geskryf.

Billie Claassen van Redelinghuys naby Piketberg het op Facebook geskryf: “Ons leef in ‘n siek samelewing waar ons sal moet hande vat. Ons sal die euwel in ons landboubedryf moet aanspreek en baie gou ook. Te veel lewens in ons area word onnodig gevat en soms is ons te bang om te praat. Liefdevolle mense word wreed uit ons midde geruk, dan mag ons nie oor die olifant in die vertrek praat nie. Dalk gebruik God juis nou die dood van die geliefde paartjie, sodat ons kan praat.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!