Skip to main content

George April

Die waterkrisis in Vredendal het ‘n nuwe wending geneem nadat ‘n waterpyp wat Saterdag gebars het, Vredendal en Van Rhynsdorp waterloos gelaat het.

Volgens ‘n bron van Die Waarheid, was die water verlede week een dag slegs twee ure beskikbaar.

Die polisie ondersoek nou ‘n crimen injuria-saak nadat ‘n oproepsentrumwerkster met die vieslikste vloek- en rassistiese woorde toegesnou is oor die waterkrisis.

Matzikama Munisipaliteit burgermeester Johan van der Hoven, het Woensdag ‘n saak by die Vredendal polisie ingedien.

Die polisie se mediawoordvoerder, Wesley Twigg, het bevestig dat ‘n saak ondersoek word. Twigg het gesê niemand is in verband met die beweringe toegesluit nie.

Die Waarheid is in besit van die vier stemboodskappe wat die vrou moes aanhoor.  Die man, wie se naam aan die media bekend gemaak is, het ook op Facebook rassistiese aantuigings gemaak.

Sy Facebookblad is egter nou delete of privaat gemaak.

Van der Hoven het sy skok uitgestippel oor die gedrag en optrede van die Vredendaller.

“Om kru en rassistiese taal teenoor die werknemer van die munisipaliteit te uiter, is onaanvaarbaar.  “Die persoon wat die kru taal ook op sosiale media gemaak het, is bekend aan die Munisipaliteit,” het Van der Hoven bygevoeg.

“Ek het persoonlik ‘n saak by Vredendal polisie ingedien,” het die burgermeester in ‘n verklaring gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!