Skip to main content

’n Geregtelike doodsondersoek-dossier is by Bayswater-polisiestasie geopen nadat die liggaam van ‘n man, na raming in sy dertigs, gevind is waar hy aan ‘n stroomtransmissie-nutspaal gehang het.

Die polisie is ontbied na die toneel langs die R700-pad naby Oubos Mansions waar hulle op die man se lyk afgekom het. Dit het sowat vyf meter hoog van die grand af gehang en is met die hulp van Brandweer- en CENTLEC-personeel grond toe gebring.

Die paramedici het toe die man dood verklaar. Hy het erge sigbare brandwonde opgedoen.

Enige lid van die publiek wat dalk die polisie kan help om die onbekende liggaam te identifiseer, word versoek om Kaptein Kelaotswe Lebodi te kontak by 082 301 6171. Alternatiewelik kan die inligting op MySAPS App ingedien word of die SAPD skakel Misdaadstopnommer 08600 10111.

Leave a Reply

error: Content is protected !!