Skip to main content

Inwoners by die Purple Moss skuiling in Brits sukkel steeds om oor die dood van ‘n buurgesin te kom nadat al vyf lede van die gesin verlede Sondagaand doodgebrand het in hul huis.

JP Bingham (26), Esme Labotske (25), en hul drie kinders Benjamin (8), Marinique (3) en Luané (2) kon nie uit die brandende gebou gered word nie omdat niemand die veiligheidsdeur kon oopkry nie.

“Ons kry nie die prent uit ons koppe van die kind wat reg by die veiligheidshek verkool het nie,” sê ‘n inwoner wat anoniem wil bly. “Boonop het ons hele kosstoor in die slag gebly. Ons weet nie watter kant toe vir kos nie.”

Die diamanthandelaar en filantroop, Louis Liebenberg, het sy hande diep in sy sakke gesteek en dadelik geld bewillig om nie-bederfbare voedsel aan te koop en by Purple Moss te gaan aflaai.

Ds Nicky Hatting was in trane oor die kos. Volgens hom is dit soos manna uit die hemel vir die arm inwoners by hierdie skuiling.

Enigeen wat nog ‘n helpende hand wil verleen, kan ‘n donasie by die onderstaande bankrekening inbetaal. Elke klein bedraggie help.

NG KROKODILRIVIER

ABSA

Tjekrekening

Nr 640580046

VERWYSING: Purple Moss

Kontaknommers:

Ds Nicky Hatting – 083 357 2420

Elsa – 064 664 2060

Janine – 072 781 0322

Leave a Reply

error: Content is protected !!