Skip to main content

Karel Schoeman, bekende Afrikaanse skrywer, word gebore

Karel Schoeman is op 26 Oktober 1939 in Trompsburg, Oranje-Vrystaat, gebore. Hy het in 1956 in die Paarl gematrikuleer, in 1959 ‘n BA in tale aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf en verder aan die Katolieke Kweekskool in Pretoria gaan studeer.

In 1961 het hy by die orde van Franciskane in Ierland aangesluit om ‘n priester te word, maar is later van sy geloftes vrygestel.

Hy het teruggekeer na Bloemfontein waar hy ‘n honneursgraad in biblioteekkunde verwerf het. Hy het toe na die Amsterdam verhuis waar hy as bibliotekaris gewerk het. Hy verhuis terug na Suid-Afrika en werk vanaf 1983 by die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad.

Schoeman is die skrywer van 18 romans en talle geskiedeniswerke; hy is een van Suid-Afrika se mees bekroonde en hoogaangeskrewe skrywers. Hy is miskien die meeste bekend vir sy werke van historiese fiksie. Hy het ook verskeie wêreldliterêre klassieke in Afrikaans vertaal. Alhoewel hy bekend is in Suid-Afrika, kom erkenning buite sy geboorteland stadig. Dit is ongetwyfeld te wyte aan die feit dat hy hoofsaaklik in Afrikaans skryf, hoewel verskeie van sy niefiksiewerke in Engels is. Min van sy romans is in ander tale vertaal.

In 1999 was hy een van slegs twee lewende Suid-Afrikaanse skrywers wat by geleentheid van laasgenoemde se aftrede deur Nelson Mandela met ‘n Staatspresidentstoekenning vereer is. Sy talle literêre toekennings sluit in: die Hertzogprys in 1970, 1986 en 1995; die SAUK-prys vir Afrikaanse TV-dramas 1990; die Stals-prys vir Kultuurgeskiedenis 1997; en die Louis Hiemstra-prys vir niefiksie 2002.

Bron: SAHO

Leave a Reply

error: Content is protected !!