Skip to main content

Kaapstad het weer die titel van die beste bestemmingstad in Afrika by die 2023 World Travel Awards opgeëis.

Die Nelson Mandela Platinum Suite by die Saxon is aangewys as die beste hotelsuite op die vasteland, terwyl die beste luukse hotelvilla aan Villa Two by Ellerman House in Kaapstad gegaan het.

Weereens het die Bloutrein geen kompetisie in hierdie wedloop gehad nie en het sy 15de titel as die vasteland se Voorste Luukse Trein gekry.

Die Durbanse ICC het sy titel as Afrika se voorste vergadering- en konferensiesentrum herwin nadat dit die afgelope vier jaar deur Kenyatta Internasionale Konferensiesentrum in Nairobi, Kenia, verbygesteek is. Durban het ook nou vir die sewende agtereenvolgende jaar na vore getree as die vasteland se voorste vergadering- en konferensiebestemming.

Leave a Reply

error: Content is protected !!