Skip to main content

’n Vrou is haar eis vir R128 298 per maand onderhoud, buiten haar motor-, mediese fonds-, selfoon- en heffingskoste, geweier as tussentydse verligting hangende haar egskeiding. Die hooggeregshof in Kaapstad het bevind “Mev F” se eise is buitensporig en “kunsmatig opgeblaas en buite peil met gewone vereistes” weens die insluiting van dinge soos oorsese vakansiedae, “R15 000 per maand vir persoonlike versorging (uitgesluit ‘n Pilatesklas, teen R3 466)” en “byna R20 000 per maand vir kruideniersware, wat volgens enige standaarde buitensporig is vir een persoon se behoeftes”.

Die hof het bevind dat tot hul egskeidingsooreenkoms afgehandel is, mev F op R70 000 per maand moet klaarkom, aangesien “mnr F” ook haar lewenskoste betaal en haar gratis gebruik van die gesinsvakansiehuis in Nieu Bethesda toegestaan het.

Die ryk egpaar is in Augustus 1992 binne gemeenskap van goedere met aanwas getroud. Hulle het in Pretoria gewoon en vier kinders gehad, waarvan die jongste nou 18 is. Mev F het in 1997 opgehou werk en die grootste deel van haar volwasse lewe spandeer om die kinders groot te maak.

Leave a Reply

error: Content is protected !!