Skip to main content

Twee tienerseuns, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n Bolt-taxibestuurder in Westenburg, Polokwane, verlede week.

Die twee verdagtes, vergesel van hul ouers, het hulself Vrydag aan die polisie oorgegee. Dit volg op die inhegtenisneming van nog ‘n 17-jarige verdagte. Die drie tieners word daarvan aangekla dat hulle ‘n Bolt-taxibestuurder gekaap en vermoor het. Die bestuurder se lyk is Maandag in die Westenburg-omgewing gevind.

Leave a Reply

error: Content is protected !!