Skip to main content

‘n Persoon wat vermoedelik kragkabels wou steed in pad#3, Brentwood Park, is dood aangetref.

Hlasela Tactical, ‘n sekerheidsgroep van Bredell, het vanoggend ‘n oproep ontvang oor ‘n ‘oorlede persoon’ wat langs ‘n kragpaal op ‘n sypaadjie gelê het.

Eenhede is na die adres gemobiliseer waarna die lyk ontdek is. Die vermoede bestaan dat die oorledene deel was van ‘n groep wat probeer het om kragkabels te steel aangesien ‘n verskeidenheid gereedskap langs sy lyk gevind is.

Brentwood Park, Goedeburg en Norton Home Estates is sedert Donderdagaand omstreeks 22h00 sonder krag, wat waarskynlik is as gevolg van hierdie gebeurtenis.

‘n Kennisgewing van stadsraadslede lui as volg:

Ons is in kennis gestel dat die oorsaak van die kragonderbreking ‘n poging tot kabeldiefstal is, gevolg deur ‘n ontploffing, wat tot die dood van die oortreder gelei het. Alle dienste is op die toneel.

Neem asseblief kennis dat dit nog NIE deur die energiedepartement bevestig is nie, maar deur SAPD.

Aangesien dit ‘n aktiewe misdaadtoneel is, kan dit ongelukkig ‘n rukkie duur voordat die spanne aan die herstel van die gebied kan werk.

Ons beveel aan dat inwoners alternatiewe reëlings tref vir hitte-sensitiewe items en vir diegene wat om mediese redes op elektrisiteit afhanklik is.

Ons sal opdaterings verskaf soos ons dit ontvang.

Leave a Reply

error: Content is protected !!