Skip to main content

As jy interessante plekke in die wêreld wil besoek, maak dan ‘n draai by The Poison Garden in Alnwick, Engeland wat in 2005 deur Jane Percy, die hertogin van Northumberland, uitgedink is.

Hierdie tuin is agter enorme ysterhekke verskuil. Groot waarskuwings is aan die hekke vasgemaak wat besoekers uitdruklik waarsku om nié aan enige van die blomme te ruik nie.

Meer as ‘n halfmiljoen nuuskierige mense besoek die tuin jaarliks en dit kan slegs deur begeleide toere geskied.

Hier kan jy uiters giftige plante soos Wolf’s Bane, Monkshood, en Rhododendrons besigtig.

Toeriste kan ook Ricin, wat volgens die Guinness Book of World Records die wêreld se giftigste plant is, onder oë kry.

Leave a Reply

error: Content is protected !!